Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1999


Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Wetgewende verkiesings is gehou in Suid-Afrika op Woensdag, 2 Junie 1999. Die African National Congress (ANC), wat aan die bewind is sedert die einde van die apartheidstelsel in 1994, is herverkies met 'n vergrote meerderheid.

Thabo Mbeki, tweede President van Suid-Afrika

Hierdie was die tweede vrye verkiesings wat sedert die einde van die apartheidsera gehou is. Die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika bestaan uit 400 lede, verkies volgens proporsionele verteenwoordiging. Tweehonderd lede word vanuit nasionale partylyste verkies, en die ander 200 vanuit partylyste van elk van die nege provinsies. Die President van Suid-Afrika word gekies deur die Nasionale Vergadering ná elke verkiesing.

Die ANC, wat aan bewind is sedert 1994, het 66,35% van stemme op die nasionale stembrief gekry.

Die nuwe hoofopposisieparty was die Demokratiese Alliansie, heel moontlik van vorige ondersteuners van die Nuwe Nasionale Party. Die NNP het meeste van hul ondersteuning verloor, en het van 20,4% in 1994, na 6,9% in 1999 geval. Die Inkatha-Vryheidsparty het ook grond verloor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne